Title. Double click me.
Stap saam.
Om 'n volgeling van Jesus te wees is om aan die beweeg te bly. Om altyd aan te hou groei, aanhou te leer en aan te hou verken. By Kruik is en was ons hart nog altyd om deel van hierdie storie te wees, om saam met Jesus en mense te stap en so hulle te leer om weer saam met ander te stap al agter Jesus aan.
Om deel te wees van die nuwe eksodus, waar Jesus ons van die slawerny van sonde bevry en die nuwe skepping, waar ons nou reeds saam met die Gees werk om die Here se Koningkryk nou reeds aarde toe te bring in afwagting op Sy koms en die totale nuwe skeppping.
Die reis van 'n volgeling gebeur hoofsaaklik in drie bewegings, wanneer hierdie drie in harmonie is leef mens die goeie nuus. Ons doel is dat elkeen wat deel is van Kruik hierdie drie bewegings deel sal maak van hulle alledaagse ritme. Ons droom dat elkeen elke dag saam met Jesus, saam met ander volgelinge en saam met ander mense sal stap en aktief die koningkryk van God aarde toe sal bring.
'n Volgeling van Jesus se lewe gaan altyd oor 'n persoon buiten hom of haarself, dit gaan oor Jesus, oor ander volgelinge en oor mense buite die geloof. DIe groot ironie is dat wanneer ons ons lewens intensioneel bou en inrig rondom hierdie drie bewegings dat dit dan is wanneer ons die heel meeste geestelik groei.
